Hallo, hoe gaan dit? My naam is Kenny en ek kom uit België, maar ek bly nou in Madrid, die hoofstad van Spanje. Ek is gebore in Gent in 1983. My verjaardag is op 11 November. Ek is eenenveertig jaar oud. Ek het politieke wetenskappe en journalistiek gestudeer, maar ek werk as ’n taalonderwyser op die internet en ek gee Nederlands, my moedertaal, maar ook Engels, Italiaans en Frans. Ek hou baie van tale. Ek praat ook baie goed Spaans, want ek bly in Spanje, maar ook baie goed Catalaans want ek het vriende in Catalonië. Ek praat baie Duits, Portugees en Afrikaans. Ek praat en verstaan ‘n bietjie Grieks en Deens. Ek studeer nou ook Japannees en Pools, maar my vlak is laag en ek kan dit nog nie verstaan nie. My vriend se naam is Alfredo en hy kom van Venezuela. Ons woon saam hier in Madrid. Hy is ook ‘n onderwyser. Hy gee Engels en Spaans. Ek het ook twee honde. Met Alfredo praat ek veral Engels en Spaans, maar ook ‘n bietjie Frans, Italiaans en Nederlands. Met my honde praat ek Italiaans. My stokperdjies is lees, loop en kook. Ek het na Spanje verhuis, want ek hou van die Spaanse klimaat. Hier is baie sonskyn. In België reën dit baie en is dit koud in die somer en die herfs.
Ek sal nou ‘n bietjie vertel van my roetine. Elke dag staan ek sewe uur op. Dan drink ek ‘n sterk koffie en gaan uit met my honde. Daarna maak ek ontbyt en gee ‘n les. Na my les gaan ek na die gym om te oefen. Soms gaan ek na gym na die supermark om kos te koop vir middagete. Ons het gewoonlyk om 2 uur middagete. Dan gaan ek weer met die honde na die park. As die son skyn bly ons ‘n uur in die park. Na die toer in die park neem ek ’n siesta, want ons bly in Spanje en dit is normaal hier, maar ook omdat ek dikwels nie so goed slaap nie. Ek werk veral in die namiddag. Ek begin om 5 uur en werk dikwels tot 9 uur. Om 9 uur het ons aandete. Dan gaan ek ‘n laaste keer uit met die honde, maar nie so lank nie want ek wil vinnig in die bed kom. Om 10 uur kyk ons ‘n bietjie tv en lees ook ‘n bietjie.
Ek wil ook ‘n bietjie vertel van my reis na Parys. Twee weke gelede was ons in Parys. Dit was ons eerste reis buite Spanje. Ons het ‘n woonstel gehuur ongeveer 20 minute vanaf die stad. Die weer was nie goed nie, maar ook nie baie sleg nie. Ons het net ‘n bietjie reën gehad, maar dit was wel koud; ‘n bietjie te koud. Ons het twee museums besoek en baie parke. Ons lees graag en dus het ons baie boekwinkels besoek. Ons het twintig boeke gekoop. Die kos was baie goed. Ons het crêpes geëet; dit is ‘n tipiese Franse gereg. Alles was positief behalwe die geld. Alles is baie duur in Parys. In Madrid kos koffie 2 euro, maar in Parys was dit meer as 6 euro. Ons volgende reis sal na Rome wees. Dit sal volgende maand gebeur.